
Die nuwe AfriForum-noodknoppietoepassing:
Plaas jou en jou gesin se
veiligheid eerste!
Plaas jou en jou gesin se veiligheid eerste
Die AfriForum-noodtoepassing is ’n noodreaksietoep of fisiese knoppie wat jou tydens ’n noodgeval met toepaslike nooddiensverskaffers verbind.
Laai die AfriForum-noodknoppietoepassing hiér af:

Die AfriForum-noodknoppietoepassing is ’n noodreaksietoep wat jou tydens ’n noodgeval met die Forum Sekuriteit-beheerkamer verbind. Die beheerkamer sal jou noodgeval bevestig deur telefonies met jou in verbinding te tree en sodoende die noodgeval koördineer en die nodige nooddienste en sorg ontbied.
Deur bloot ’n knoppie op die toep te druk, stuur die toep jou presiese GPS-bepaalde ligging en ook jou persoonlike besonderhede, tesame met jou naasbestaandes se inligting en mediese besonderhede na die beheerkamer. Noodseine wat al hierdie inligting aanstuur beteken vinniger reaksietye en dat inligting intyds aan reaksiepersoneel oorgedra word, sodat ’n meer effektiewe diens gelewer word.
Plaas jou en jou gesin se veiligheid eerste. Laai die AfriForum-noodknoppietoepassing vandag nog af. Stoor ook AfriForum se noodnommer (087 711 5911) as ’n kontak op jou slimfoon.
AfriForum se noodtoepassing verbind jou met die Forum Sekuriteit-beheerkamer vir vinnige en doeltreffende nooddiensversoeke.
Onthou dat jy data op jou slimfoon beskikbaar moet hê en dat jou slimfoon se liggingsdienste geaktiveer moet wees om hierdie diens te kan gebruik.
Die AfriForum-noodknoppietoepassing is slegs vir AfriForum-lede en is gratis op jou slimfoon beskikbaar.
Wanneer jy in nood verkeer:
- Druk bloot die knoppie en jy word onmiddellik met Forum Sekuriteit se gesentraliseerde beheerkamer verbind.
Die beheerkamer stel dan die volgende persone/instansies van die noodsituasie in kennis:
- Die SAPD se Nasionale Operasionele Bevelsentrum (NOCC), ook bekend as die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (NATJOINTS)
- AfriForum-buurtwagte regoor die land
AfriForum reageer vinnig en so goed moontlik op elke noodsituasie.
Pakkette
Opsie 1
AfriForum-noodknoppietoep
Met hierdie opsie het jy gratis toegang toe die AfriForum-noodknoppietoep.
*Hierdie is slegs vir AfriForum-lede en is gratis op jou slimfoon beskikbaar.
Gereelde vrae:
Studentetoep
’n Betroubare veiligheidsoplossing vir studente
’n Gevorderde studentetoep is ontwerp om studente se veiligheid te ondersteun deur onmiddellike toegang tot noodhulp en padbystand te bied. Dié toep stel gebruikers in staat om hulp in geval van ’n noodgeval vinnig en doeltreffend te ontbied, met ’n toegewyde reaksiespan wat 24/7 beskikbaar is. Ons streef daarna om ’n veiliger omgewing vir studente te skep – enige tyd, enige plek.
Registreer vandag en neem beheer van jou veiligheid.
Kontak ons
"*" indicates required fields



